Lyrics
wie weet
Jy se jou siel raas, en jou kop is deurmekaar
moenie worry nie ek weet waardeur jy gaan
daar's konsternasie op die stasie en die mense praat aanmekaar
wie weet waar, wie weet hoe, wie weet wanneer is ons klaar
Jy slaat alweer die langpad, ry daai rotte baan
ons is almal slawe voor mammon moet ons staan
jy's net nog 'n wiel in die masjien, jou gedagtes in 'n trans
wie weet waar, wie weet hoe, wie weet wanneer is ons klaar
Jou groen vanilla koei, spring weer oor die maan
die sand is wit en vriendelik, die son voed jou bestaan
jou konsentrasie kollabeer 'n glasie rooiwyn en jy verstaan?
wie weet waar, wie weet hoe, wie weet wanneer is ons klaar
Die more ster se hallo, grashalms buig uit voor die wind
jy's gisteraand se grootmens, en vanoggend se stout kind
daar's goud agter die reenboog as jy dit maar net kon vind
wie weet waar, wie weet hoe, wie weet wanneer is ons klaar
|